Enkelpa’s kan geboortesertifikate vir hul kinders kry, hier’s hoe

Die Namibiese ministerie van binnelandse sê enkelpa’s kan wel vir hul kinders se geboortesertifikate aansoek doen. Volgens berigte kan kinders van enkelvaders nie skool toe gaan nie, weens ‘n gebrek aan hul geboorte-sertifikate. As hul ma’s nêrens te vinde is nie, is dit veral ‘n uitdaging. Ma’s kan wel aansoek doen vir hul kinders se geboortesertifikate in die afwesigheid van pa’s. Collen Muleke, die direkteur vir nasionale siviele registrasie by die ministerie van binnelandse sake, verduidelik die proses aan Kosmos 94.1 Nuus.