Beurtkrag beïnvloed waterversuiwering in Durban

Die eThekwini-metro in Durban sê fase ses-beurtkrag wat die naweek ingestel is, het tot onderbrekings in die stad se watertoevoerstelsel gelei. Kragtoevoer in belangrike suiweringsaanlegte van grootmaatwater en in verskeie strategiese installasies in die stad is onderbreek. Die woordvoerder van die metro, Msawakhe Mayisela, sê tegnici werk so vinnig as moontlik om die watertoevoer te herstel: