Fishrot-ses hooggeregshof toe vir borgtog-aansoek

Hoërhofregter Shafimana Uitele het vandag in die Windhoek-hoërhof aan ses van die Fishrot-beskuldigdes verlof tot appèl teen die weiering van hul borgtog-aansoeke toegestaan. Die ses Fishrot verdagtes, Sacky Shanghala, Mike Nghipunya, Pius Mwatelulo, James Hatuikulipi, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi het vir verlof tot appèl teen Uitele se weiering van borg gevra het. Ueitele het borg op 1 April vanjaar in die soveelste aansoek, geweier. Die Fishrot-saak behels 317 miljoen Namibiese dollar in bedrieglike en korrupte aktiwiteite wat die Yslandse vismaatskappy Samherji betrek. Die ses se saak sal nou in die hooggeregshof aangehoor word.