Botswana se derde vlaag styg vinnig

Botswana het al sy skole vandag gesluit en die land se onderwysministerie sê hulle sal eers weer op 17 Augustus oopmaak. Botswana betree op die oomblik ‘n derde vlaag van infeksies wat volgens die jongste syfers baie vinnig toeneem. Daar is op 8 Julie 1 411 nuwe infeksies bevestig en teen 15 Julie was daar 5 980 nuwe gevalle. Die ministerie sê alle personeel en onderwysers sal 16 dae se gratis verlof ontvang en moet teen 12 Augustus terugkeer werk toe.