WGO sê China moet deursigtig wees

Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Dr Tedros Adhanom Ghebreyesus, het ‘n beroep vir meer toegang en deursigtigheid op China gedoen. Dit kom terwyl die organisasie besig is om voor te berei vir die tweede deel van die ondersoek na die oorsprong van die koronavirus. Die eerste menslike gevalle van Covid-19 het in Wuhan in China voorgekom. Ghebreyesus sê die verkryging van toegang tot oorspronklike data was tot dusver ‘n uitdaging. Die eerste deel van die WGO se ondersoek het bevind dit is hoogs onwaarskynlik dat die virus van ‘n laboratorium in Wuhan afkomstig was.