14 Chinese werkers steeds in tonnel vasgekeer

Ongeveer 14 werkers is steeds vasgekeer in ‘n hoofwegtonnel nadat dit Woensdag oorstroom het. Die tonnel word onder ‘n reservoir gebou en water het skielik in die tonnel begin vloei. Reddingswerkers is op die oomblik ongeveer 400-meter binne die tonnel maar die werkers is ‘n kilometer in vasgekeer. Die reservoir is volgens owerhede reeds leeg gepomp en pogings om die water uit die tonnel te pomp duur voort. Dit is die tweede ongeluk in die tonnel. In Maart het ‘n muur ineengestort en twee werkers is dood. Die tonnel is deel van ‘n hoofweg wat Zhuhai uiteindelik met Hongkong sal verbind.