BoN doen aansoek vir likwidasie van Trustco Bank

Die Bank van Namibië sal aansoek doen by die hoërhof vir die likwidasie van Trustco Bank Namibië, ‘n filiaal van Trustco Group Holdings. Die direksie van die sentrale bank sê dat Trustco Bank kommersieel insolvent is. Volgens die bank se goewerneur, Johannes !Gawaxab, het hulle die afgelope twee jaar Trustco Bank betrek in ‘n poging om regulatoriese nakoming te bewerkstellig en uiteindelik die finansiële volhoubaarheid van die bank te verseker. Maar, hy sê die bank gaan voort om te funksioneer sonder ‘n goedgekeurde lewensvatbare sakeplan en voldoende kapitaal om enige planne uit te voer, wat noodsaaklik is vir die lewensvatbaarheid en volhoubaarheid van die besigheid en wat van alle rolspelers in die bedryf verwag word.