Botswana hersien ook hoenderinvoere

Die regering van Botswana het sy verbod op hoender-invoere vanuit Suid-Afrika hersien. Nes in Namibië, word invoere van vars hoender produkte, kuikens en eiers toegelaat uit gebiede wat sedert die begin van die voëlgriep uitbreking in Suid-Afrika siektevry was, nou weer toegelaat. Namibië het in Maart vanjaar ‘n algehele verbod op invoere geplaas wat gedeeltelik in Mei opgehef is. In Botswana geld dieselfde maatreëls nou. Suid-Afrika het baie groot uitdagings met voëlgriep wat gereeld op hoenderplase uitbreek, sowel as langdurende bek- en klouseer en Afrika varkgriep wat kort-kort kop uitsteek.