N$11m beloning vir vermiste kleuter in Australië

Die Wes-Australiese regering het ‘n beloning van byna 11 miljoen Namibiese dollar aangebied vir inligting oor die vierjarige Cleo Smith, wat reeds ses dae lank vermis is. Die kleuter het Saterdagoggend in die vroeë oggendure verdwyn toe sy en haar gesin by ‘n afgeleë kusgebied gekamp het. Hommeltuie deursoek die onstuimige see en kranse en die terrein is ook deeglik te voet en in voertuie deursoek. Polisie-inspekteur, Jon Munday, sê hulle sal nie ophou soek totdat hulle oortuig is Cleo is nie meer in die omgewing nie.