Botswana en NantWorks werk saam aan Covid-, kanker-entstowwe

Botswana se president, Mokgweetsi Masisi het aangekondig dat sy regering ‘n memorandum van verstandhouding onderteken het met die Amerikaanse NantWorks van Patrick Soon-Shiong. Die bepalings van die ooreenkoms is dat NantWorks ‘n aanleg in die land sal vestig om Botswana by te staan met biologiese vervaardigingstegnologie vir entstowwe vir Covid-19 en kanker. NantWorks sal ook die land bystaan met die versterking van sy gesondheidsbestuurstelsels. NantWorks, wat in Los Angeles gesetel is, fokus op tegnologie in die gesondheid-, onderwys-, wetenskap- en vermaaksektore.