Botaniese-vereniging soek boom-helde!

Die Namibiese Botaniese Tuine soek nominasies vir hul jaarlikse Boom-toekennings ter herdenking van Boomplantdag wat op 14 Oktober herdenk word. Die toekennings vind in Oktober plaas en alle nominasies moet teen 6 September ingedien wees, soos Barb Curtis, die adjunkvoorsitter van die Botaniese-vereniging verduidelik.