Skuld word vir verbruik geneem, beleggings nie doeltreffend aangewend nie

Die jongste kredietverlening syfers toon dat krediet aan die privaatsektor hoër is as die BBP-syfers wat beteken dat meeste lenings vir verbruik geneem is. Die syfers vir beleggings toon ook dat bronne nie doeltreffend aangewend word nie en dus, is daar geen ekonomiese groei tot vervolg nie. Die makelaarsfirma Simonis Storm sê dit is reeds vir tien jaar die neiging. Simonis Storm het ook bereken dat wanneer die skuld van huishoudings, maatskappye en buitelanders gekombineer word, beslaan dit 59,8 persent van die ekonomie. Dit vertoon effe beter as die regering se skuld wat 69,1 persent van die BBP beslaan.