Eagles wen met 40 lopies in Ayr, Skotland

Die Richelieu Eagles het Nepal Maandag in die Internasionale Krieketraad se eendagwedstryd in Ayr, Skotland, met 40 lopies gewen. Namibië het gekies om eerste te kolf en 220 lopies aangeteken. Namibiese krieketspeler Nicol Loftie-Eaton het presteer deur 60 lopies uit 70 balle aan te teken. Craig Williams het ‘n mylpaal behaal deur die eerste Namibiese krieketspeler te wees wat daarin kon slaag om 5 000 Lys A loopbaan-lopies te behaal.