Bortog geweier aan vier in Thabo Bester-saak

Die borgtogaansoeke van beskuldigdes nommer een tot vier in die Thabo Bester-ontsnappingsaak is in die landdroshof in Bloemfontein geweier. Landdros Mohlolo Kgabisi het die wesenlike prima facie-getuienis teen Senohe Matsoara, Teboho Lipholo, Motenyani Masukela en Tieho Makhotsa aanvaar. Die vier het na bewering die Facebook-verkragter en -moordenaar bygestaan tydens sy ontsnapping uit die Mangaung-korrektiewe sentrum in Mei verlede jaar. Kgabisi het die saak uitgestel tot 20 Junie.