Windhoekers moet help om veldbrande te voorkom

Stad Windhoek is gereed vir die winter-brandseisoen, maar die publiek moet ook voorsorg tref. Die afdeling ramprisiko-bestuur het voorsorgmaatreëls getref om veldbrande in en om die hoofstad te voorkom. Hierdie maatreëls behels randpaaie om as versperrings teen brande te dien wat ook beter toegang vir brandbestrydingspanne verseker. Die brandpaaie beslaan ‘n afstand van 40 kilometer en is in die gebiede van Ludwigsdorf en Eros geleë. Kosmos 94.1 Nuus het met Fillipus Sikongo, senior brandweerstasie-beampte van die stad, gesels wat raad deel oor hoe om brande te voorkom.