VSA, Saoedi-Arabië sê skietstilstand in Sudan is nie eerbiedig 

Amerika en Saoedi-Arabië wat die week lange skietstilstand in Sudan bemiddel het, het die weermag en die RSF-paramilitêre mag daarvan beskuldig dat hulle die skietstaking die afgelope dae talle kere geskend het. Dit volg te midde van geweervuur wat vandag in Omdurman, Khartoem en Darfoer gehoor is, slegs ure voordat die skietstaking vanaand ten einde loop. Die weermag en die RSF se magstryd het middel April tot hewige gevegte gelei. Meer as 700 mense is dood in die konflik en nagenoeg 1,4 miljoen mense is sonder heenkome.