ActionSA vra vir ondersoek oor inmenging by Eskom

Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, het die voorsitter van die parlement se openbare ondernemingskomitee, Khaya Magaxa, in ‘n brief gevra vir ‘n dringende openbare ondersoek na bewerings van onbehoorlike inmenging in operasionele sake by Eskom deur die direksie, die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe, én die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan. ActionSA se nasionale woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê in die nasleep van André de Ruyter se bedanking as uitvoerende hoof, wek dié bewerings ernstige kommer.