Kostuum van Natasha Joubert vir Mej Heelal-kompetisie bekendgestel

Die Suid-Afrikaanse mode-ontwerper, Gert-Johan Coetzee, is baie tevrede met die kostuum wat hy vir Suid-Afrika se deelnemer aan vanjaar se Mej Heelal-kompetisie geskep het. Natasha Joubert hoop haar landgenoot Zozibini Tunzi sal haar aanstaande maand in Florida, Amerika, as die wenner kroon. Sy het die skepping gisteraand by ‘n geleentheid bekend gestel. Dit sluit vlerke in versier met tekeninge oor die inperking soos gesien deur die oë van voorskoolse kinders in Gauteng. Stringe krale versier die voorkant. Coetzee sê hy glo absoluut aan mode met ‘n doel en die kostuum bevat dit alles.