18% van Covid-toetse positief

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het 139 nuwe gevalle van Covid uit 775 toetse bevestig. Khomas het 33 met al die gevalle in Windhoek. Hardap het 27, Ojtzondjupa 26, Erongo 19, Karas 10 en Kavango Oos en Zambezi 7 elk. Daar is 21 leerders, 4 studente en 5 gesondheidswerkers in die groep. Die ministerie sê 84 pasiënte het herstel met aktiewe gevalle op 2 123. Daar is 186 pasiënte in die hospitaal met 50 in hoësorg. Twee sterftes is ook bevestig.