Booys onttrek appèl vir borg

Die appèl van die omstrede voormalige Okahandja Streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, teen die weiering van borg in dorp se landdroshof op 13 April, word vandag formeel onttrek voor hoërhofregter Naomi Shivute. Booys was tydens sy vorige verskyning op 13 September nie teenwoordig en het ook nie regsverteenwoordiging nie. Eers op 6 Oktober vanjaar het Ileni Gebhardt kennis aan die hof gegee dat sy vir hom optree. Die onttrekking van sy aansoek is ook op 6 Oktober deur Gebhardt ingedien. Booys is sedert 2 Februarie in aanhouding op klagte van bloedskande en verkragting wat die staat sê in Januarie vanjaar plaasgevind het. Hy word vir sy eie veiligheid by Seeis aangehou. Sy ampstermyn in Okahandja is gekenmerk deur omstredenheid en daar was talle protesaksies teen hom.