Vandalisme, diefstal ontwrig treindienste in die Kaap

Die DA sê die voortgesette ontwrigting van treindienste in die Wes-Kaap sal verhoed dat Metrorail die inkomste verkry wat hy dringend benodig. Onderbrekings in treindienste kom weer op die suidelike én die noordelike roetes in Kaapstad voor, ná nog voorvalle van diefstal en vandalisme die afgelope week. Ricardo MacKenzie van die DA sê die situasie is kommerwekkend, omdat pendelaars nou self vir alternatiewe vervoer moet betaal: