Koningin in ligte luim na hospitaal-besoek

Buckingham-paleis sê koningin Elizabeth die Tweede is in ‘n goeie luim nadat sy Woensdagnag in ‘n hospitaal moes deurbring. Die 95-jarige koningin is vir waarneming opgeneem en het gistermiddag na die Windsor-kasteel teruggekeer. Die Buckingham-paleis sê die koningin moes ‘n beplande reis vir die honderdste viering van die totstandkoming van Noord-Ierland kanselleer, en was onwillig om in te stem tot mediese advies om ‘n paar dae te rus. Dit was die eerste keer sedert 2013 dat die koningin in ‘n hospitaal oornag het.