Booys borgtog geweier, Jordaan kry borg van N$100 000

Dit was ‘n gemengde uitkoms vandag by die landdroshof in Okahandja. Uitspraak is gelewer in die borgtogaansoek van Steve ‘Biko’ Booys, die omstrede Swapo-streeksraadslid vir Okahandja. Die aansoek is van die hand gewys. Intussen het dr. Danie Jordaan wat Vrydag verlede week sy eerste verskyning gemaak het in verband met wildmisdaad-klagte wat die onwettige jag, vervoer en aanhouding van diere insluit, vandag ook aansoek om borgtog gedoen. Yanna Smith was by die hof.