Tien Covid-sterftes in ses distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het tien Covid-sterftes in ses distrikte aangemeld, asook 130 nuwe gevalle uit 1 903 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 6,8 persent verteenwoordig. In die groep is 35 leerders van verskillende skole, asook nege onderwysers, vyf gesondheidswerkers en een student. Daar is nou 8 341 aktiewe gevalle, waarvan 149 pasiënte in hospitale is en 16 in hoësorgeenhede. Altesaam 419 385 persone is ten volle ingeënt. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, gee die jongste syfers.