Boorgat in Whk-grense? Jy moet hom registreer

Inwoners van Stad Windhoek word daaraan herinner dat alle boorgate binne die stad se grense geregistreer moet word. Die registrasie hou verband met die Water-wet en diegene wat nie hul water-ontginning registreer nie, is aan die verkeerde kant van die reg. Die stad se woordvoerder, Lydia Amuntenya verduidelik.