BoN spreek kommer uit oor vervalste geld wat moontlik in sirkulasie is

Die Bank van Namibië het sy kommer uitgespreek oor vervalste banknote wat weer in sirkulasie in die land is. Twee Namibiërs en ‘n Rwandese burger is onlangs betrap waar hulle in Katutura besig was om die note te druk. Die sentrale bank se hoof van korporatiewe kommunikasie Sandra Garises doen ‘n beroep op besigheidseienaars om die nodige maatreëls te tref en te verseker dat hulle nie met vervalste geld betaal word nie.