BoN sê ons groei net 1,4% vanjaar

Ekonomiese groeivooruitsigte vir Namibië is weer afwaarts aangepas. In sy jongste ekonomiese vooruitskatting het die Bank van Namibië groei vanjaar na 1,4 persent afwaarts aangepas, teenoor 2,7 persent wat hy in Februarie vanjaar voorspel het. Volgende jaar sê die bank groei sal op 3,4 persent staan en 4,2 persent in 2022. Die Namibiese ekonomie het verlede jaar met 7,9 persent ingekrimp na ‘n inkrimping in 2019 sowel as 2017.