MTN het groot kommer oor Afghanistan

MTN is die grootste mobiele netwerk verskaffer in Afghanistan en die maatskappy se hoof uitvoerende beampte Ralph Mupita het aan internasionale nuusagentskappe gesê die maatskappy kyk na opsies om die uit die land te onttrek. Die maatskappy is sedert 2006 bedrywig in die land. MTN het vroeër die maand al sy Siries bedrywighede gestaak en die land verlaat. Die stap het die maatskappy 4,7 miljard Namibiese dollar gekos. Mupita sê die plan was om in fases uit Afghanistan te onttrek, sowel as Jemen, maar dit is onbekend hoe die Taliban se beheer van die land die beplanning sal beïnvloed.