SA-owerhede ondersoek formele klag teen dr. Susan Vosloo

Die Suid-Afrikaanse Raad op Gesondheidberoepe het bevestig hy ondersoek ‘n formele klag teen die bekende hartsjirurg, dr. Susan Vosloo na haar omstrede kommentaar oor Covid-19. ‘n Video doen die rondte waarin sy sê die risiko van inenting is erger as die risiko van Covid-19 self. Sy het ook gesê die samestelling van die entstof is ‘n geheim, soortgelyk aan Kentucky en dat dit dodelik kan wees. Die Suid-Afrikaanse Mediesevereniging het dokters intussen aangemoedig om die voordele van inenting te bevorder.