BoN sê inentingsbeleid is ‘n ekonomiese beleid

Johannes !Gawaxab, goewerneur van die Bank van Namibië, het gesê dat die inentingbeleid ‘n ekonomiese beleid is. Die goewerneur het gewaarsku dat die Namibiese ekonomie nie weer ‘n harde inperking kan bekostig nie, want dit sal vernietigend wees vir werksgeleenthede en ondernemings. Bank of Namibia se adjunkdirekteur vir kommunikasie, Kazembire Zemburuk, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik wat die goewerneur met sy verklaring bedoel het.