Inflasie-syfers sal verder styg, tot 2023

Die syfers wat deur die Namibiese Statistieke Agentskap vir die eerste kwartaal van 2022 bekend gemaak is, sal volgens Simonis Storm die beste syfers van die jaar wees – veral in verband met voedselinflasie. In die eerste kwartaal het voedsel 5,3 persent duurder geword met olies en vette wat amper 14 persent gestyg het. Theo Klein van die makelaarsfirma sê die tendens sal tot volgende jaar duur.