BoN moet plan maak, Nam-verbruikers kan nie aan SA uitgelewer wees nie

Die rentekoers bly in die nuus. Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab het aangedui dat ‘n verhoging van 25 basispunte op 19 April sal moet plaasvind as inflasie nie nader aan 6 persent beweeg nie. Dit gebeur op die oomblik nie en om sake te vererger, is die sentrale bank reeds 75 basispunte agter die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus sê iets moet gebeur… Namibiese verbruikers kan nie verder ly omdat die buurland nie sy inflasie onder beheer kan kry nie.