Kanime tree op 28 April af, doodstil daaroor

Die hoof van die Windhoek Stadspolisie Abraham Kanime sal volgens berigte op 28 April aftree met drie beamptes wat hulle oë op sy pos het. Volgens wat berig word stel sy adjunk, Leevi Ileka, die hoof van die diens se verkeersafdeling, Adam Eiseb en die hoof van regsaangeleenthede Eliaser Iiyambo, belang in die pos. Maar, daar is ook bewerings dat verskeie Nampol-streeksbevelvoerders belangstel. Terwyl Kanime nie kommentaar wou lewer nie, het die Stad Windhoek-woordvoerder Harold Akwenye bevestig dat die raad werk maak van die stand van sake. Kanime se laaste aanstelling is as onwettig deur sommige beskryf en hy het hom ook vroeër aan die hof gewerp om sy pos te behou. Hy verdien 2,2 miljoen Namibiese dollar per jaar.