Angola en Lesotho gaan binnekort stembus toe

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het sy SAOG-eweknieë, Angola en die Koninkryk van Lesotho, aangemoedig om hul komende presidensiële verkiesings vreedsaam te hou. Ongeveer 14 miljoen Angolese gaan volgende week na die stembus in wat beskryf word as die taaiste wedloop sedert die eerste veelparty-verkiesing in 1992. Lesotho se algemene verkiesing is vir Oktober geskeduleer om al 120 lede van die Nasionale Vergadering te verkies. Ramaphosa het gepraat by die 42ste SAOG-beraad in Kinshasa in die Demokratiese Republiek van die Kongo.