Bolsonaro word ondersoek vir onluste op 8 Januarie

Brasilië se hooggeregshof het ingestem om ‘n ondersoek na oud-president Jair Bolsonaro van stapel te stuur in verband met die land se opstand op 8 Januarie. Daar word beweer dat hy ‘n video op sosiale media gedeel het waar hy gesê het daar is met verkiesingsuitslae gekonkel. Bolsonaro, wat tans in die Verenigde State vir mediese behandeling is, sal deur aanklaers ondersoek word vir moontlike aanhitsing van die vandalisme en geweld in die land se hoofstad, Brasilia. Daar word berig dat Bolsonaro voor die einde van sy ampstermyn op 1 Januarie reeds na die VSA gereis het. Hy het ook blykbaar reeds aansoek gedoen om Italiaanse burgerskap.