Kommer oor impak van krag, brandstof op huishoudings in SA

Saftu in Suid-Afrika sê Eskom se tariefverhogings is die hoof-bydraer tot die aanhoudende styging in lewenskoste. Volgens die jaarlikse Huishoudelike Bekostigbaarheids-aanwyser in die buurland het ‘n huishouding van vier mense se gemiddelde maandelikse voedseluitgawes verlede jaar met meer as 400 Suid-Afrikaanse rand toegeneem tot ‘n geraamde 4 853 rand, terwyl die prys van krag met 50 rand toegeneem het tot net meer as 787 rand. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê benewens krag en voedsel, het brandstofpryse die afgelope jaar dramaties toegeneem: