Bolsonaro vra hof om te keer dat hy van sosiale media moet af

Brasilië se president, Jair Bolsonaro het die Hooggeregshof in sy land gevra om te keer dat daar beslis word om hom van sosiale media platforms te verwyder. Die Brasiliaanse senaat het die week gestem dat hy op nege klagte aangekla word vir sy hantering van die Covid-pandemie. Dit sluit in dat die komitee ook toegang kry tot sy internet-rekords wat hy ook probeer keer. YouTube en Facebook het vroeër die week ook video’s van hom verwyder. Die senaat sê hy is verantwoordelik vir die meer as 600 000 Brasiliërs wat aan Covid dood is weens sy hantering van die pandemie.