Bolsonaro praat (dalk) binnekort

Brasilië se hooggeregshof het vandag die polisie beveel om talle padblokkades te verwyder wat deur ondersteuners van President Jair Bolsonaro opgestel is om sy nederlaag in die presidensiële verkiesing te protesteer. Bolsonaro, of Tropical Trump soos hy bekend staan, het steeds nog nie ‘n woord gesê na Sondag se uitslae, waar hy verloor het, nie. Luiz Inacio Lula da Silva het 50,9 persent van die stemme op hom verenig. Die land se kommunikasie-minister Fabio Faria, sê aan internasionale nuusagentskappe dat Bolsonaro na verwagting teen namiddag vandag oor sy nederlaag sal praat, hoewel dit nie duidelik is of hy Lula se oorwinning sal aanvaar nie.