Bokspan ondervanderd vir Beunos Aires

Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, het ‘n onveranderde beginspan aangewys vir hulle wedstryd in die Rugbykampioenskap teen Argentinië Saterdag in Buenos Aires, ʼn wedstryd wat hulle móét wen. Daar is wel drie veranderings onder die plaasvervangers op die bank. Die talentvolle jong losvoorspeler, Elrigh Louw, neem by Duane Vermeulen oor, terwyl Faf de Klerk terugkeer as skrumskakel in die plek van Cobus Reinach en André Esterhuizen kry ʼn kans in die plek van Warrick Gelant. Met nog twee rondes oor kan enige span nog vanjaar se Rugbykampioenskap wen.