Namibiese ombudsman geskok oor aftakeling van huise in Katima Mulilo

Die Namibiese ombudsman, advokaat Basilius Dyakhugha, het sy skok en afkeuring uitgespreek teen die aftakeling van huise by die Lwanyanda informele nedersetting op Katima Mulilo. Verskeie huise is verlede week afgebreek. Die grond is in 2019 verkoop vir ‘n ontwikkeling en die gemeenskap is verskuif, maar sommige inwoners het nie getrek nie. Die kantoor van die ombudsman het ‘n mediaverklaring oor die kwessie uitgereik en ‘n beroep op dorpsrade, veral Katima Mulilo, gedoen om sensitief vir menseregte en die lewens van inwoners te wees.