Zim se tabak vorder baie goed, kunsmis ‘n uitdaging

Zimbabwe het 201,05 miljoen kilogram tabak ter waarde van 614,27 miljoen Amerikaanse dollar verkoop sedert die bemarkingseisoen in Maart geopen het. Gedurende dieselfde tydperk in 2021 het Zimbabwe se tabakprodusente 207,18 miljoen kilogram vir 578,78 miljoen Amerikaanse dollar verkoop. Die tabakbedryf in Zimbabwe is ‘n bedryf wat relatief goed vaar en vanjaar verwag hulle ‘n goeie oes. Deon Theron, die voormalige president van die Kommersiële Boerevereniging in Zimbabwe, sê aan Kosmos 94.1 Nuus was die prys van kunsmis ‘n uitdaging.