Boks: Rus stuur Beast Master planke toe

En boksnuus: Die Namibiese 37-jarige swaargewig-bokser Vikapita ‘Beast Master’ Merero het teen Rusland se Evgeny Romanov verloor. Die nie-titel boksgeveg het in die Russiese stad Syktyvkar oor tien rondes plaasgevind, maar Vikipta is in die agste ronde deur Romanov met ‘n tegniese uitklophou uitgeskakel.