Cope vra polisie moet fermer teen misdaad optree

Die Suid-Afrikaanse opposisieparty Cope het die ministerie van polisie Bheki Cele versoek om beslissend op te tree in die bekamping van misdaad. Dit volg op die uitreiking van die jongste misdaadsyfers vir die afgelope kwartaal wat toon dat meer as 6 400 mense in dié tyd vermoor is en meer as 9 000 verkrag is. Cope se woordvoerder, Dennis Bloem, vra dat die ministerie ‘n sterker boodskap teen misdadigheid moet uitstuur. Bloem sê die polisie moet ook strawwer optree teen misdadigers, omdat die oortreding van wette nié in Suid-Afrika geduld kan word nie.