Boksgeveg ten bate van skoene vir kinders

Project Never Walk Alone sal vandag ‘n liefdadigheids-boksbonanza aanbied onder die tema “Boks vir skoene”. Tim Ekandjo, die inisieerder van die projek, sal in die hoofgeveg teen Namibië se bekende musikant, King Tee Dee, in die kryt klim. Die projek is daarop gemik om fondse in te samel om skoene te koop vir Namibiese kinders wie se ouers dit nie kan bekostig nie. By die byeenkoms sal ook om tien nasionale bokstitels meegeding word. King Tee Dee sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy het hard geoefen vir die geveg.