Agtervolger stamp Indiese vrou voor trein in

‘n Indiese vrou, die 20-jarige Sathya Priya, is glo deur haar agtervolger voor ‘n trein ingestamp toe hy haar voorgekeer en ‘n argument tussen hulle in Chennai, Bengale, uitgebreek het. Die verdagte, geïdentifiseer as Satish, het Priya glo vir ‘n jaar geteister en agtervolg voor hy haar vermoor het. Hy het van die toneel gevlug, maar is later in hegtenis geneem. Priya se pa is gehospitaliseer vir borspyn na hy uitgevind het sy dogter is dood. Hy het weens ‘n hartaanval in die hospitaal gesterf.