GOOD-party: Eskom word burgers se probleem

Die GOOD-party sê Eskom se haglike toestand en sy ellendige finansies word steeds die probleem van reeds sukkelende Suid-Afrikaners gemaak. Dit volg nadat die energie-reguleerder, Nersa, ‘n tariefverhoging van 18,65 persent aan Eskom toegestaan het vir die 2023/2024-boekjaar. Die GOOD-party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die werklikheid is dat Eskom in ‘n finansiële krisis is terwyl hy ook sukkel om die ligte aan te hou.