Boko Haram-bendelid dood in Pta

‘n Vyf-en-dertig-jarige Boko Haram-bendelid het in ‘n skietvoorval op die N4-hoofweg naby die Diamond Hill Tolhek in Pretoria gesterf. Sy vriendin is beseer. ‘n Ooggetuie het aan die polisie gesê die insittendes van ‘n silwergrys Mercedes Benz het op ‘n swart Volkswagen Polo geskiet. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili, sê die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en is op die toneel dood verklaar. Die passasier is hospitaal toe gejaag: