Tandarste sê nee vir Psemas-lede

Plaaslike media berig dat die Namibiese Tandheelkundige Vereniging vanaf 1 November nie verder Psemas-pasiënte sal behandel nie. Volgens berigte het dr. Maren Thomson, die vereniging se president reeds die finansiesminister, Ipumbu Shiimi op 15 Oktober hiervan verwittig. Die kern van probleem is dat Psemas steeds die 2014 tariewe betaal. Pasiënte sal dan teen die 2021-tarief behandel word en self by die fonds moet eis. Volgens Thomson kos dit op die oomblik tandartse geld om Psemas pasiënte te behandel. Psemas pleeg ook volgens die vereniging kontrakbreuk omdat hy eers na 60 dae eise betaal. Die fonds se uitvoerende direkteur van finansies Francois Brand het volgens berigte gesê dat Psemas op die oomblik in die verband konsulteer omdat die fonds hervorm word. Psemas is die grootste mediese fonds in die land het gaan jare reeds gebuk onder bedrog en korrupsie.