‘Boko Haram-bende’ in Gauteng moet gestop word

Die Demokratiese Alliansie in Gauteng doen ‘n beroep dat meer inhegtenisnemings plaasvind om die sogenaamde “Boko Haram”-bende te stuit en onskuldige inwoners in Tshwane se lewensbestaan en sakeondernemings te beskerm. Die bende kaap toenemend die kontrakte van gemeenskapsprojekte en pers ontwikkelaars en bouers af vir geld. DA-woordvoerder Michael Shackleton sê die feit dat hierdie bende voortgaan om inwoners te teister, toon duidelik die aangestelde taakspan het misluk.