ISAP span vliegtuig in vir soekveldtog na twee Namibiërs

Intelligence Support Against Poaching, oftewel ISAP, het hul vliegtuig, Protector, ingespan om ‘n lugsoektog van stapel te stuur na die twee vermiste mans, Kai Jacobie and Marco Zahradnicky, in die Brandberg-gebied. Die twee Namibiërs word in die omgewing van Brandberg, die Ugab-rivier, die Messum-krater en Myl 108 vermis. Hulle het oor die naweek in die gebied gaan kamp en die laaste kontak wat hulle familie met hulle gehad het was Vrydagaand toe hulle op Uis was. Hulle reis in ‘n wit dubbel-kajuit Toyota Hilux met tralies op die bak. Fritz Kaufmann van ISAP gesels met Kosmos 94.1 Nuus.